Charles Ives

Charles Ives
Gebore(1874-10-20)20 Oktober 1874
Danbury, Connecticut
Sterf19 Mei 1954 (op 79)
Beroepkomponis, versekeringsmakelaar

Charles Edward Ives (/vz/; 20 Oktober 1874 - 19 Mei 1954) was 'n Amerikaanse modernistiese komponis,[1] en een van die eerste Amerikaanse komponiste wat internasionale bekendheid verwerf het.[2] Sy musiek is grootliks tydens sy eie lewe geïgnoreer, en baie van sy werke is vir baie jare nie opgevoer nie. Later in sy lewe is die kwaliteit van sy werke wyd erken, en het hy weldra begin bekendstaan as 'n "American original".[3][4][5] Hy was ook een van die eerste komponiste om 'n sistematiese program van eksperimentele musiek van stapel te stuur, met musikale tegnieke soos poli-tonaliteit en poli-ritme.[6] Sy eksperimentering was die voorloper van verskeie musikale innovasies wat later wyd in gebruik geneem is tydens die 20ste eeu. Derhalwe word hy dikwels beskou as die leidende Amerikaanse komponis van 20ste eeuse kunsmusiek.[7]

  1. Botstein 2001.
  2. Hitchcock & Perlis 1977, pp. 45–63.
  3. Downes, Olin (30 Mei 1950). "American Original". The New York Times.
  4. Taruskin, Richard (16 Mei 2004). "Underneath the Dissonance Beat a Brahmsian Heart". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2015. Besoek op 14 November 2015.
  5. Hall 1964, p. 42.
  6. Burkholder 1995, p. 4.
  7. "Ives, Charles | Grove Music". www.oxfordmusiconline.com (in Engels). doi:10.1093/gmo/9781561592630.article.14000. Besoek op 18 April 2019.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne